| veeteelt [boodskap #148901] |
Do., 31 Julie 2025 13:46 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
veeteelt
Afbreking: vee•teelt
Samestelling: vee + teelt
Selfstandige naamwoord: veeteelt
Meervoud: –
Betekenis:
• Die aanteel van vee (skape, beeste, bokke, varke, hoenders, ens.) vir die lewering van produkte soos vleis, melk, wol, leer en eiers.
Gebruik:
• Moderne veeteelt behels goeie voeding, gesondheidsorg en genetiese verbetering van die diere.
Sinoniem:
• veeboerdery
• veeproduksie
Hiponiem:
• grootveeteelt
• kleinveeteelt
• pluimveeteelt
Afkorting:
• veet.
Vertaling:
Engels: stock-breeding, cattle-breeding
Nederlands: veeteelt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|