Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » belemmering
belemmering [boodskap #148900] Do., 31 Julie 2025 13:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24175
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
belemmering
Afbreking: be•lem•me•ring
Samestelling: belemmer + -ing


Selfstandige naamwoord: belemmering
Meervoud: belemmeringe, belemmerings

Betekenis:
• Iets wat beweging of ontwikkeling belemmer (vertraag of stop) en gevolglik oponthoud veroorsaak.

Gebruik:
• Die gebrek aan fondse is 'n ernstige belemmering vir die projek.

Sinoniem:
• beletsel
• haakplek
• hindernis
• knelpunt
• obstruksie
• stoornis
• stremming
• struikelblok
• versperring

Hiponiem:
• handelsbelemmering
• spraakbelemmering
• teenbelemmering
• verkeersbelemmering

Vertaling:
Engels: hindrance, impediment, obstacle, handicap
Nederlands: belemmering

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: volwassenheid
Volgende onderwerp: veeteelt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Des. 23 22:25:38 UTC 2025