| gesteente [boodskap #148853] |
Di., 29 Julie 2025 19:14 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24223 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gesteente
Afbreking: ge•steen•te
Samestelling: ge- + steen + -te
Selfstandige naamwoord: gesteente
Meervoud: gesteentes
Betekenis:
• Die klip- en rotsagtige minerale waaruit 'n planeet se kors bestaan.
Gebruik:
• Graniet is 'n harde gesteente.
• Wetenskaplikes bestudeer gesteentes om die geskiedenis van die aarde te verstaan.
Hiponiem:
• afsettingsgesteente
• besinkingsgesteente
• bastergesteente
• dieptegesteente
• edelgesteente
• ekstrusiegesteente
• fosfaatgesteente
• ganggesteente
• glasgesteente
• granietgesteente
• grondgesteente
• halfedelgesteente
• hervormingsgesteente
• intrusiegesteente
• kalkgesteente
• kleigesteente
• kwartsgesteente
• lawagesteente
• moedergesteente
• oergesteente
• stollingsgesteente
Afgelei:
• gesteentebeskrywing
• gesteentegruis
• gesteentekompleks
• gesteentekunde
• gesteentelaag
• gesteenteleer
• gesteentemassa
• gesteentepuin
• gesteenteserie
• gesteentesoort
• gesteentevormend
Vertaling:
Engels: rock
Nederlands: gesteente
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|