Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gewete
gewete [boodskap #148835] So., 27 Julie 2025 17:51
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24209
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gewete
Afbreking: ge•we•te


Selfstandige naamwoord: gewete
Meervoud: gewetens
Verkleinwoord: gewetetjie
Meervoud van verkleining: gewetetjies

Betekenis:
• Innerlike besef van reg en verkeerd.

Gebruik:
• Ek het niks verkeerds gedoen nie, my gewete is skoon.

Spreekwoord:
• Hy wil net sy gewete sus. [Hy wil hom verontskuldig.]
• In sy gewete kan 'n wa en span osse draai. ['n Buitengewone rekbare gewete hê.]
• 'n Goeie gewete is 'n sagte kussing. [Iemand wat nie deur sy gewete gepla word nie, kan rustig slaap.]

Sinoniem:
• selfbewussyn
• verantwoordelikheidsin

Hiponiem:
• volksgewete

Afgelei:
• geweteloos
• gewetenloos
• gewetenlose
• gewetensaak
• gewetensangs
• gewetensartikel
• gewetensbeswaar
• gewetensbeswaarde
• gewetensdwang
• gewetensgehoorsaam
• gewetensgeld
• gewetensgetrou
• gewetensklousule
• gewetenskrisis
• gewetenskwelling
• gewetensmens
• gewetensmoeilikheid
• gewetensonrus
• gewetensplig
• gewetensrus
• gewetenstrou
• gewetenstwyfel
• gewetensvol
• gewetensvraag
• gewetensvryheid
• gewetenswroeging
• gewetesaak

Vertaling:
Engels: conscience
Nederlands: geweten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nitraat
Volgende onderwerp: besprekingsvraag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 26 18:57:15 UTC 2025