| litiumioonbattery [boodskap #148669] |
Do., 17 Julie 2025 08:49 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
litiumioonbattery
Afbreking: li•ti•um•i•oon•bat•te•ry
Samestelling: litium + ioon + battery
Selfstandige naamwoord: litiumioonbattery
Meervoud: litiumioonbatterye
Betekenis:
• 'n Herlaaibare battery van litium (waar ione tydens gebruik van die negatiewe na die positiewe elektrode vloei, en andersom as dit gelaai word).
Gebruik:
• Hoewel litiumioonbatterye duurder is, hou hulle baie langer as loodsuurbatterye.
Verwant:
• litiumbattery (nie-herlaaibaar)
Vertaling:
Engels: lithium-ion battery
Nederlands: lithium-ionbatterij
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|