Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dekking
dekking [boodskap #148592] Sa., 12 Julie 2025 10:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24160
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dekking
Afbreking: dek•king
Samestelling: dek + -ing


Selfstandige naamwoord: dekking
Meervoud: dekkinge, dekkings
Verkleinwoord: dekkinkie
Meervoud van verkleining: dekkinkies

Betekenis:
• Iets wat iets anders bedek of toemaak.
• Iets wat beskerm; verskansing bied.
• Iets wat deur iets anders ondersteun word.

Gebruik:
• Riete is as dekking vir die dakke gebruik.
• Loopgrawe word vir dekking teen die vyandelike vuur gegrawe.
• Jy het nie voldoende dekking vir 'n huislening nie.

Sinoniem:
• aankleding
• bekleding
• beskerming
• hulsel
• kleed
• mantel
• omhulsel
• oortreksel
• skild
• skuiling

Hiponiem:
• flankdekking
• gouddekking
• metaaldekking
• nuusdekking
• onderwerpsdekking
• oordekking
• plaatdekking

Vertaling:
Engels: cover; shelter, protection, guard; coverage
Nederlands: dekking

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: goudreserwe
Volgende onderwerp: korteks
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 22 02:16:07 UTC 2025