| oeros [boodskap #148569] |
Vr., 11 Julie 2025 17:21 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24158 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Skets van 'n oeros.
oeros
Afbreking: oer•os
Samestelling: oer- + os
Selfstandige naamwoord: oeros
Meervoud: oerosse
Betekenis:
• 'n Uitgestorwe beesspesie, die wilde voorouer van die moderne mak bees, Bos primigenius.
Gebruik:
• Sover bekend het die laaste oerosse in 1627 in die Jaktorów-woud in Pole gesterf.
Afgelei:
• oerosagtig
• oerosfossiel
Vertaling:
Engels: aurochs
Nederlands: oeros, oerrund
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|