Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » opbring
opbring [boodskap #148528] Di., 08 Julie 2025 18:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24110
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opbring
Afbreking: op•bring
Samestelling: op + bring


Werkwoord: bring op, opbring
Verlede tyd: het opgebring

Betekenis:
• Om na bo te bring.
• Om te braak of te vomeer.
• Om groot te maak en op te voed.
• Om as resultaat te lewer.
• (anglisisme) Om iets te noem.

Gebruik:
Bring die tas op na die slaapkamer.
• Die siek kind het alles was hy geëet het opgebring.
• Dit is nie grappies om kinders in vandag se tye op te bring nie.
• Die aandele bring weinig op.

Sinoniem:
• opdra
• braak
• kots
• opgooi
• vomeer
• grootmaak
• leer
• opvoed
• versorg
• oplewer
• produseer

Afgelei:
• opbringmiddel

Vertaling:
Engels: to bring up; to throw up, vomit, puke; to rear, educate; to  bring in, realize, yield
Nederlands: opbrengen

Nota:
• Die Engelse frase "to bring someting up" word in Afrikaans vertaal as "ter sprake bring", "te berede bring", "opper", "aanroer" of "ophaal".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: uitmis
Volgende onderwerp: vomeer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Des. 09 04:15:29 UTC 2025