| kransvalk [boodskap #148489] |
Sa., 05 Julie 2025 08:25 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24162 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Kransvalk.
kransvalk
Afbreking: krans•valk
Samestelling: krans + valk
Selfstandige naamwoord: kransvalk
Meervoud: kransvalke
Verkleinwoord: kransvalkie
Meervoud van verkleining: kransvalkies
Betekenis:
• 'n Roofvoël in die familie Falconidae, 'n standvoël in Suider-Afrika, Falco rupicolus.
Gebruik:
• Die kransvalk is rooibruin van kleur met leigrys kopvere, 30 tot 33 cm lank en weeg 183 tot 280 gram.
Sinoniem:
• rooivalk
• kuikendief
Hiperoniem:
• valk
Vertaling:
Engels: rock kestrel
Nederlands: rotsvalk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|