| roet [boodskap #148481] |
Vr., 04 Julie 2025 17:45 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24288 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
roet
Afbreking: roet
Selfstandige naamwoord: roet
Meervoud: –
Betekenis:
• Swart neerslag van koolstof deur wat deur die onvolledige verbranding van organiese stowwe ontstaan.
Gebruik:
• Ondersoek die skoorsteen gereeld vir die opbou van roet of ander obstruksies, soos voëlneste.
Spreekwoord:
• Roet in die kos gooi. [Die plesier bederf.]
• Wie met roet speel, word swart. [Wie slegte vriende het, word self sleg.]
Sinoniem:
• koolstofneerslag
Hiponiem:
• skoorsteenroet
• soldeerroet
Afgelei:
• roetaanpaksel
• roetagtig
• roetbruin
• roeterig
• roetkleur
• roetkol
• roetkors
• roetlug
• roetswart
• roetvanger
• roetvlek
• roetvorming
Vertaling:
Engels: soot
Nederlands: roet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|