Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gematig
gematig [boodskap #148439] Di., 01 Julie 2025 19:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24152
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gematig
Afbreking: ge•ma•tig
Samestelling: ge- + matig


Byvoeglike naamwoord: gematig
Vergrotende trap: gematiger, gematigder
Oortreffende trap: gematigste
Attributief: gematige, gematigde
Partitief: gematigs

Betekenis:
• Wat nie tot die uiterstes gaan nie; nie te veel en nie te min nie.

Gebruik:
• Tree altyd berekend en gematig op en moenie dat jou emosies die oorhand kry nie.

Sinoniem:
• bedaard
• bedees
• beheers
• besadig
• gebalanseer
• gedemp
• getemper
• ingetoë
• kalm
• matig
• maathoudend

Antoniem:
• ongematig

Afgelei:
• gematigheid

Vertaling:
Engels: moderate, modest, temperate, mild
Nederlands: gematigd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: subtropies
Volgende onderwerp: swaksinnig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 20 14:47:11 UTC 2025