| sluier [boodskap #148422] |
Ma., 30 Junie 2025 10:41 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24212 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sluier
Afbreking: slui•er
Selfstandige naamwoord: sluier
Meervoud: sluiers
Verkleinwoord: sluiertjie
Meervoud van verkleining: sluiertjies
Betekenis:
• 'n Deursigtige doek of ander bedekking, o.a. soos die waarmee vroue hulle gesigte bedek.
Gebruik:
• Die bruidegom lig die bruid se sluier en gee haar 'n soen.
Hiponiem:
• bruidsluier
• missluier
• nonnesluier
• rousluier
• teesluier
Afgelei:
• sluierdans
• sluierdoek
• sluiereffek
• sluiering
• sluierskerm
• sluierstof
• sluierwolk
Vertaling:
Engels: veil, mask, cover
Nederlands: sluier
Werkwoord: sluier
Verlede tyd: het gesluier
Betekenis:
• Om iets te bedek sodat dit minder sigbaar is.
Gebruik:
• Rebekka het haar gesluier toe sy Isak, haar verloofde, gesien het. [Genesis 24:65]
Sinoniem:
• bedek
• bemantel
• kamoefleer
• verbloem
• verdoesel
Afgelei:
• omsluier
• ontsluier
• versluier
Vertaling:
Engels: to veil, cloak
Nederlands: sluieren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|