| stonde [boodskap #148388] |
Do., 26 Junie 2025 14:06 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stonde
Afbreking: ston•de
Selfstandige naamwoord: stond, stonde
Meervoud: stonde, stondes
Betekenis:
• (verouderd) 'n Bepaalde tydstip, meestal 'n oomblik of uur, of die punt in die tydsverloop waarop iets gebeur.
Gebruik:
• Kom, o, soete stonde van die dood!
• Op die stonde van ontwaking, op die eerste lewensdag. [Moederliefde, A.G. Visser]
Spreekwoord:
• Van dié stonde af. [Van die oomblik af.]
• Van stonde aan. [Van die punt en verder aan.]
Wisselvorm:
• stond
Sinoniem:
• moment
• oomblik
• tydsgewrig
• tydstip
• uur
Hiponiem:
• aandstonde
• bidstonde
• dankstonde
• maandstonde
• middagstonde
• môrestonde
Vertaling:
Engels: hour, time
Nederlands: stonde
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|