Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » krukas
krukas [boodskap #148379] Wo., 25 Junie 2025 16:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24241
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Krukas
'n Krukas
krukas
Afbreking: kruk•as
Samestelling: kruk + as


Selfstandige naamwoord: krukas
Meervoud: krukasse
Verkleinwoord: krukassie
Meervoud van verkleining: krukassies

Betekenis:
• Krukvormige as wat 'n op-en-af of heen-en-weer beweging in 'n roterende draaibeweging omskakel, of andersom.

Gebruik:
• Die nokas beheer die oop- en toemaak van die enjin se kleppe, terwyl die krukas die op-en-af beweging van die suiers in rotasiebeweging omskakel om die voertuig aan te dryf.

Verwant:
• krukkas

Vertaling:
Engels: crankshaft
Nederlands: krukas

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: invet
Volgende onderwerp: andersom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Jan. 03 15:50:09 UTC 2026