Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "kan jy nog herspeel" deur MARLISE JOUBERT
"kan jy nog herspeel" deur MARLISE JOUBERT [boodskap #19666] Sat, 26 December 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2173
Geregistreer: May 1997
Karma: 0
Senior Lid
kan jy nog herspeel
- marlise joubert-

kan jy nog herspeel pantsers ruwe westekus
hoe waterspier en sand verloop en ons
van alles onbewus by paternoster op die stoep
hoe outyds alles was hoe die kinders veraf roep
helenabaai met skemertyd die see was glad
en grieks die bote stil en toegesluit

kan jy nog onthou vraatsugtige son by lambertsbaai
hoe jy my hare stadig kam hoe die voëls
rooflustig nader nader draai: dat ek jou wil hê
is so maklik om te sê dat ek jou wil hê
is 'n ding wat in my lê
Vorige onderwerp: Uit "Klipwerk" van N.P. van Wyk LOUW
Volgende onderwerp: "Eerste Nag" deur ANTJIE KROG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 03:38:56 UTC 2024