| haelsnoer [boodskap #148336] |
So., 22 Junie 2025 19:06 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24254 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
No. 4 en 13 is die haelsnoere.
haelsnoer
Afbreking: ha•el•snoer
Samestelling: hael + snoer
Selfstandige naamwoord: haelsnoer
Meervoud: haelsnoere
Betekenis:
• Een van die twee spiraalvormige bande van albumien wat die eiergeel aan die eierdop verbind.
Gebruik:
• Die haelsnoere hou die eiergeel in plek.
Sinoniem:
• chalaza
• naelstring
Vertaling:
Engels: chalaza
Nederlands: hagelsnoer
Nota:
• Moenie "haelsnoer" met "halssnoer" verwar nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|