| uitkies [boodskap #148329] |
So., 22 Junie 2025 08:30 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24230 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uitkies
Afbreking: uit•kies
Samestelling: uit + kies
Werkwoord: kies uit, uitkies
Verlede tyd: het uitgekies
Betekenis:
• Om een of meer vanuit 'n groep mense of dinge te selekteer.
Gebruik:
• Sy kies net die beste lekkers uit.
• Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. [Johannes 15:16]
Sinoniem:
• keur
• selekteer
• uitdun
• uitsoek
• uitsonder
• verkies
Afgelei:
• uitkieswedstryd
Vertaling:
Engels: to choose, select, pick out
Nederlands: uitkiezen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|