| kispak [boodskap #148314] |
Sa., 21 Junie 2025 10:45 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24158 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kispak
Afbreking: kis•pak
Samestelling: kis + pak
Selfstandige naamwoord: kispak
Meervoud: kispakke
Verkleinwoord: kispakkie
Meervoud van verkleining: kispakkies
Betekenis:
• Jou beste pak klere vir formele geleenthede (letterlik die klere waarmee jy eendag begrawe gaan word).
Gebruik:
• Hy is netjies in sy kispak uitgedos.
Sinoniem:
• kerkklere
• Sondagpak
Verwant:
• aandpak
• dagpak
Vertaling:
Engels: best suit of clothes
Nederlands: kistpak
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|