| ridder [boodskap #148289] |
Wo., 18 Junie 2025 12:31 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24182 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Lancelot word tot ridder geslaan.
ridder
Afbreking: rid•der
Selfstandige naamwoord: ridder
Meervoud: ridders
Verkleinwoord: riddertjie
Meervoud van verkleining: riddertjies
Betekenis:
• 'n Lid van 'n eksklusiewe orde, histories 'n berede vegter van adellike afkoms.
Gebruik:
• Michael Caine is in 2000 deur koningin Elizabeth tot ridder geslaan vir sy bydrae tot die rolprentwese.
Hiponiem:
• graalridder
• grootkruisridder
• kruisridder
• roofridder
• swaanridder
• tempelridder
Afgelei:
• ontridder
• ridderdiens
• riddergoed
• ridderhofstede
• ridderkruis
• ridderlik
• ridderlint
• ridderorde
• ridderposie
• ridderroman
• riddersaal
• ridderskap
• ridderslag
• ridderspel
• ridderspoor
• ridderstand
• riddertyd
• ridderwese
• ridderwoord
Vertaling:
Engels: knight
Nederlands: ridder
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|