| kasjoeneut [boodskap #148276] |
Ma., 16 Junie 2025 15:39 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24155 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Geroosterde kasjoeneute.
kasjoeneut
Afbreking: ka•sjoe•neut
Samestelling: kasjoe + neut
Selfstandige naamwoord: kasjoeneut
Meervoud: kasjoeneute
Verkleinwoord: kasjoeneutjie
Meervoud van verkleining: kasjoeneutjies
Betekenis:
• Die neutvormige saad van die kasjoeboom, Anacardium occidentale.
Gebruik:
• Kasjoeneute is boontjie- of niertjievormig, giftig as dit rou is, maar 'n heerlike versnapering as dit gerooster en gesout is.
Vertaling:
Engels: cashew nut
Nederlands: cashewnoot
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|