Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vergiet
vergiet [boodskap #148266] Ma., 16 Junie 2025 07:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24175
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vergiet
Afbreking: ver•giet
Samestelling: ver- + giet


Werkwoord: vergiet
Verlede tyd: het vergiet

Betekenis:
• Om 'n vloeistof te verloor deur dit weg te laat loop.

Gebruik:
• Hoeveel bloed moet nog vergiet word?

Sinoniem:
• gestort

Afgelei:
• vergieter
• vergieting

Vertaling:
Engels: to spill, shed
Nederlands: vergieten

'n Vergiet.
'n Vergiet.

Selfstandige naamwoord: vergiet
Meervoud: vergiete

Betekenis:
• 'n Houer met gaatjies wat as 'n filtreerder in die kombuis gebruik word.

Gebruik:
• Sy gebruik 'n vergiet om die water van die groente af te drup.

Sinoniem:
• droogbak
• gaatjiesbak
• kalander
• skommelsif
• vergietbak
• vergiettes

Vertaling:
Engels: colander, cullender, strainer
Nederlands: vergiet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verkneukel
Volgende onderwerp: boedelberedderaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Des. 24 03:03:25 UTC 2025