Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vaandel
vaandel [boodskap #148240] Vr., 13 Junie 2025 18:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24160
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vaandel
Afbreking: vaan•del


Selfstandige naamwoord: vaandel
Meervoud: vaandels
Verkleinwoord: vaandeltjie
Meervoud van verkleining: vaandeltjies

Betekenis:
• 'n Onderskeidende vlag ter identifikasie van 'n skip, militêre eenheid, ens.

Gebruik:
• Hoe lank sal ek nog die vyande se vaandel sien, die geluid van die ramshoring hoor? [Jeremia 4:21]

Spreekwoord:
• Met vlieënde vaandels. [Met groot sukses.]
• Die vaandel dra vir iets. [Voorspraak maak vir iets.]

Sinoniem:
• banier
• vlag
• insinje
• wimpel
• veldteken

Hiponiem:
• regimentsvaandel
• vlootvaandel

Afgelei:
• vaandeldraer
• vaandeleed
• vaandelparade
• vaandelskoen
• vaandelstok
• vaandelwag
• vaandelwyding

Vertaling:
Engels: colours, flag, standard, banner, ensign
Nederlands: vaandel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oorwinningskreet
Volgende onderwerp: vlagparade
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 22 00:33:20 UTC 2025