| onoordeelkundig [boodskap #148208] |
Di., 10 Junie 2025 18:43 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onoordeelkundig
Afbreking: on•oor•deel•kun•dig
Samestelling: on- + oordeelkundig
Byvoeglike naamwoord: onoordeelkundig
Attributief: onoordeelkundige
Betekenis:
• Wat nie goed oordink is nie; van 'n gebrek aan insig getuig.
Gebruik:
• Die onoordeelkundige gebruik van gifstowwe kan verreikende gevolge hê.
Sinoniem:
• irrasioneel
• onbesonne
• ondeurdag
• onverskillig
• onversigtig
Antoniem:
• oordeelkundig
Afgelei:
• onoordeelkundigheid
Vertaling:
Engels: indiscriminate
Nederlands: onoordeelkundig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|