| gulhartig [boodskap #148192] |
Ma., 09 Junie 2025 18:09 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gulhartig
Afbreking: gul•har•tig
Samestelling: gul + hart + -ig
Byvoeglike naamwoord: gulhartig
Attributief: gulhartige
Betekenis:
• Wat gul (gaaf en vrygewig) van hart is. Op 'n mildelike en hartlike wyse.
Gebruik:
• Soos altyd het die dorp se mense ons gulhartig ontvang.
Sinoniem:
• gasvry
• gemoedelik
• goedhartig
• groothartig
• hartlik
• joviaal
• mededeelsaam
• milddadig
• vrygewig
• vrymoedig
Antoniem:
• gierig
• inhalig
• suinig
Afgelei:
• gulhartigheid
Vertaling:
Engels: generous, unselfish, unsparingly
Nederlands: gulhartig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|