Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » middelpuntvliedend
middelpuntvliedend [boodskap #148170] Sa., 07 Junie 2025 09:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24156
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
middelpuntvliedend
Afbreking: mid•del•punt•vlie•dend
Samestelling: middelpunt + vlied (vlug) + -end


Byvoeglike naamwoord: middelpuntvliedend
Attributief: middelpuntvliedende

Betekenis:
• Wat neig om weg van die middelpunt of sentrum te beweeg.

Gebruik:
• Wanneer 'n klip aan 'n tou in die rondte geswaai word, oefen die tou 'n middelpuntsoekende krag op die klip uit, terwyl die klip 'n middelpuntvliedende krag op die tou uitoefen.

Sinoniem:
• sentrifugaal

Antoniem:
• middelpuntsoekend
• sentripetaal

Vertaling:
Engels: centrifugal
Nederlands: middelpuntvliedend, centrifugaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: partydigheid
Volgende onderwerp: volksplanting
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Des. 21 10:38:44 UTC 2025