Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » agteraf
agteraf [boodskap #148166] Sa., 07 Junie 2025 08:20
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24155
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
agteraf
Afbreking: ag•ter•af
Samestelling: agter + af


Byvoeglike naamwoord: agteraf
Attributief: agteraf

Betekenis:
• Wat nie goed ontwikkel of op standaard is nie.
• Wat in die geheim/stilletjies gebeur.
• Ná die tyd; agterna.

Gebruik:
• Hy woon in 'n agteraf dorpie.
• Sy skinder agteraf van haar kollegas.
Agteraf was ek baie spyt oor my uitbarsting.

Sinoniem:
• agterbaks
• agterlangs
• agterlik
• agterna
• onbeskaaf
• onderduims
• onderontwikkeld
• onopgevoed
• skelm
• stilletjies
• veragterd

Antoniem:
• vooraf

Afgelei:
• agterafheid

Vertaling:
Engels: backward, on the sly; secretly; afterwards, in hindsight
Nederlands: achteraf

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: litografie
Volgende onderwerp: handelsflits
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Des. 21 10:24:49 UTC 2025