Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » diensmaag
diensmaag [boodskap #148158] Do., 05 Junie 2025 14:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24168
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
diensmaag
Afbreking: diens•maag
Samestelling: diens + maag


Selfstandige naamwoord: diensmaag, diensmaagd
Meervoud: diensmaagde
Verkleinwoord: diensmagie
Meervoud van verkleining: diensmagies

Betekenis:
• 'n Meisie wat met die huishouding help.

Gebruik:
• Maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God; dan mag jy géén werk doen nie — jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaag, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. [Eksodus 20:10]

Wisselvorm:
• diensmaagd

Sinoniem:
• dienares
• diensmeisie

Antoniem:
• dienskneg

Vertaling:
Engels: maid-servant
Nederlands: dienstmaagd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dienspligtig
Volgende onderwerp: diensmaagd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Des. 23 03:23:30 UTC 2025