Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » palataal
palataal [boodskap #148154] Do., 05 Junie 2025 09:33
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24160
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
palataal
Afbreking: pa•la•taal


Byvoeglike naamwoord: palataal
Attributief: palatale

Betekenis:
• Wat die harde verhemelte betref, of met die tong teen die harde verhemelte gevorm is.

Gebruik:
• Die Afrikaanse diminutief -tj- in "blommetjie" en "potjie" is 'n palatale klank.

Antoniem:
• niepalataal

Vertaling:
Engels: palatal
Nederlands: palataal


Selfstandige naamwoord: palataal
Meervoud: palatale

Betekenis:
• 'n Klank wat met die voorste deel van die tong teen die harde verhemelte (die palatum) gevorm is.

Gebruik:
• Die harde "k" soos in "kies" is nie 'n palataal nie, maar 'n velaar.

Sinoniem:
• hardegehemeltemedeklinker

Vertaling:
Engels: palatal
Nederlands: palataal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: palataliseer
Volgende onderwerp: koggelaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Des. 21 18:30:22 UTC 2025