| palataliseer [boodskap #148153] |
Do., 05 Junie 2025 08:47 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
palataliseer
Afbreking: pa•la•ta•li•seer
Werkwoord: palataliseer
Verlede tyd: het gepalataliseer
Betekenis:
• Om 'n klank te verander deur dit by jou harde verhemelte (die palatum) te vorm; 'n niepalatale klank na 'n palatale klank verander.
Gebruik:
• Hy het die woord "geld" tot "sjeld" gepalataliseer.
Afgelei:
• palatalisasie
• palataliserend
• palatalisering
Vertaling:
Engels: to palatalise, palatalize
Nederlands: palataliseren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|