Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eendstert
eendstert [boodskap #148145] Wo., 04 Junie 2025 14:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24158
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eendstert
Afbreking: eend•stert
Samestelling: eend + stert


Selfstandige naamwoord: eendstert
Meervoud: eendsterte
Verkleinwoord: eendstertjie
Meervoud van verkleining: eendstertjies

Betekenis:
• Die stert van 'n eend.
• 'n Haarstyl, gekenmerk deur lang, teruggekamde hare, gewild in die 1950's en 1960's.
• 'n Persoon met sulke hare, of die rebelse kultuur wat daarmee saamgaan.

Gebruik:
• 'n Mens sien net eendsterte soos die eende onder water kos soek.
• John Travolta word in die rolprent Grease met 'n eendstert uitgebeeld.
• Die dominee het die hippies en eendsterte gemaan om 'n eerlike en respektabele lewe te ly.

Sinoniem:
• nosem
• skorrie

Afgelei:
• eendstertera
• eendstertkapsel

Vertaling:
Engels: ducktail, teddy boy
Nederlands: eendstaart; nozem

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: opraak
Volgende onderwerp: morrie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Des. 21 13:08:53 UTC 2025