| bedieningsluik [boodskap #148088] |
Vr., 30 Mei 2025 09:06 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bedieningsluik
Afbreking: be•die•nings•luik
Samestelling: bediening + -s- + luik
Selfstandige naamwoord: bedieningsluik
Meervoud: bedieningsluike
Verkleinwoord: bedieningsluikie
Meervoud van verkleining: bedieningsluikies
Betekenis:
• 'n Luik (oopklappende deur) waardeur mense bedien word.
Gebruik:
• Kos kan deur die bedieningsluik vanaf die kombuis na die eetkamer aangegee word.
Sinoniem:
• bedienluik
Vertaling:
Engels: service hatch
Nederlands: diensluik, bedieningspaneel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|