| penarie [boodskap #148075] |
Wo., 28 Mei 2025 16:00 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24253 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
penarie
Afbreking: pe•na•rie
Selfstandige naamwoord: penarie
Meervoud: penaries
Betekenis:
• 'n Toestand van nood; benarde situasie.
Gebruik:
• Sy spandabelrigheid het hom in 'n finansiële penarie laat beland.
Sinoniem:
• benoudheid
• dikkedensie
• dilemma
• gemors
• jobstyding
• knyp
• krisis
• moeilikheid
• nagmerrie
• narigheid
• nood
• pekel
• verknorsing
• verleentheid
Vertaling:
Engels: predicament, dilemma
Nederlands: penarie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|