| stralekrans [boodskap #148051] |
Ma., 26 Mei 2025 14:03 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Stralekrans om die son.
stralekrans
Afbreking: stra•le•krans
Samestelling: strale + krans
Selfstandige naamwoord: stralekrans
Meervoud: stralekranse
Verkleinwoord: stralekransie
Meervoud van verkleining: stralekransies
Betekenis:
• 'n Krans/kring van lig rondom 'n ligbron (soos die son) of die kop van 'n heilige.
Gebruik:
• In die kuns word heiliges dikwels met 'n stralekrans om die kop uitgebeeld.
Sinoniem:
• korona
• ligkrans
• ligkring
• nimbus
• oureool
• stralekroon
Vertaling:
Engels: halo, nimbus, aureole, corona
Nederlands: stralenkrans
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|