| dwarstrek [boodskap #148020] |
Vr., 23 Mei 2025 12:52 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24215 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dwarstrek
Afbreking: dwars•trek
Samestelling: dwars + trek
Werkwoord: trek dwars, dwarstrek
Verlede tyd: het dwarsgetrek
Betekenis:
• Om altyd anders as die meerderheid te wil wees en nie saam te werk nie.
Gebruik:
• Daai os trek al weer dwars.
• Die man het dwarsgetrek en wou na geen rede luister nie.
Sinoniem:
• dwarsboom
• kibbel
• rebelleer
• teenwerk
• teëwerk
• verset
• verskil
Afgelei:
• dwarstrekker
• dwarstrekkerig
• dwarstrekkery
Vertaling:
Engels: to pull cross; to quarrel, squabble
Nederlands: dwarstrekken
Nota:
• Waarskynlik van osse of trekdiere wat sywaarts neig om uit die tug te probeer kom.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|