| dwarstrekker [boodskap #148019] |
Vr., 23 Mei 2025 12:26 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dwarstrekker
Afbreking: dwars•trek•ker
Samestelling: dwarstrek + -er
Selfstandige naamwoord: dwarstrekker
Meervoud: dwarstrekkers
Betekenis:
• Persoon wat dwarstrek. Iemand wat altyd anders as die ander is en nie wil saamwerk nie.
Gebruik:
• Ten spyte van 'n paar dwarstrekkers werk die spanlede meestal goed saam.
Sinoniem:
• dwarsdrywer
• dwarskop
• hardekoejawel
• hardekop
• korrelkop
• nonkonformis
• pretbederwer
• rebel
• skoorsoeker
Afgelei:
• dwarstrekkerig
• dwarstrekkery
Vertaling:
Engels: squabbler, thwarter, mule
Nederlands: dwarstrekker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|