Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skepskop
skepskop [boodskap #147996] Wo., 21 Mei 2025 10:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24152
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skepskop
Afbreking: skep•skop
Samestelling: skep + skop


Selfstandige naamwoord: skepskop
Meervoud: skepskoppe
Verkleinwoord: skepskoppie
Meervoud van verkleining: skepskoppies

Betekenis:
• 'n Skop in rugby waar die skopper die bal laat val en skop sodra dit die grond raak of opwip.

Gebruik:
• Die rugbyspeler het 'n vinnige skepskop deur die pale gejaag om aan sy span 'n welverdiende oorwinning te besorg.

Afgelei:
• skepskopper

Vertaling:
Engels: drop kick
Nederlands: dropkick


Werkwoord: skepskop
Verlede tyd: het geskepskop

Betekenis:
• Om 'n skop uit te voer deur eers die bal tot op die grond te laat val.

Gebruik:
• Daai losskakel kan gevaarlik skepskop.
• Naas Botha het baie geskepskop.

Vertaling:
Engels: to drop
Nederlands: dropkick schoppen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: toegeeflikheid
Volgende onderwerp: weglêsnor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 20 06:43:41 UTC 2025