| agterstewe [boodskap #147992] |
Wo., 21 Mei 2025 09:28 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24175 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
agterstewe
Afbreking: ag•ter•ste•we
Samestelling: agter + stewe
Selfstandige naamwoord: agterstewe
Meervoud: agterstewens
Verkleinwoord: agterstewetjie
Meervoud van verkleining: agterstewetjies
Betekenis:
• 'n Mense se boude.
• Die agterkant van iets.
Gebruik:
• Jou agterstewe gaan brand as ek jou vang perskes steel!
• Hulle was bang die skip loop op die rotse en het toe vier ankers by die agterstewe van die skip uitgegooi. [Handelinge 27:29]
Sinoniem:
• agterent
• agterstel
• agterwêreld
• boude
• gat
• sitvlak
• agterboeg
• agterskip
• agtersten
Antoniem:
• voorstewe
Vertaling:
Engels: bum, buttocks; stern, poop
Nederlands: zitvlak; achtersteven
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|