Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rotasie
rotasie [boodskap #147973] So., 18 Mei 2025 17:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24160
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rotasie
Afbreking: ro•ta•sie
Samestelling: roteer + -asie


Selfstandige naamwoord: rotasie
Meervoud: rotasies

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van roteer. 'n Sirkelbeweing om 'n sentrale punt.

Gebruik:
• Vanweë die aarde se rotasie om sy poolas het vroeëre sterrekundiges geglo dat die hemelliggame elke 24 uur om die aarde draai.

Sinoniem:
• aswenteling
• draaibeweging
• draai
• draaiing
• omwenteling
• rewolusie
• sirkelbeweging
• sirkelgang
• spin
• tolling
• wenteling

Hiponiem:
• aardrotasie
• asrotasie

Afgelei:
• rotasie-as
• rotasiebeweging
• rotasiehoek
• rotasiepers
• rotasiepomp
• rotasierigting
• rotasiesnelheid
• rotasieveld

Vertaling:
Engels: rotation, revolution, turn
Nederlands: rotatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: swamdoder
Volgende onderwerp: geslagsel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 22 04:09:57 UTC 2025