| indikator [boodskap #147940] |
Di., 13 Mei 2025 12:19 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24152 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
indikator
Afbreking: in•di•ka•tor
Selfstandige naamwoord: indikator
Meervoud: indikatore, indikators
Betekenis:
• 'n Aanwyser wat iets aandui of inligting oor iets gee.
Gebruik:
• Visse is 'n goeie indikator van waterkwaliteit.
• Gebruik 'n indikator om te bepaal of die oplossing 'n suur of basis (alkali) is.
Sinoniem:
• aanduiding
• aanduier
• aanwyser
• simptoom
• verklikker
Afgelei:
• indikatorpapier
Vertaling:
Engels: indicator
Nederlands: indicator
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|