Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skemering
skemering [boodskap #147914] Do., 08 Mei 2025 17:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24160
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skemering
Afbreking: ske•me•ring
Samestelling: skemer + -ing


Selfstandige naamwoord: skemering
Meervoud: skemeringe, skemerings
Verkleinwoord: skemerinkie
Meervoud van verkleining: skemerinkies

Betekenis:
• Die tyd wanneer dit nie meer ten volle lig of donker is nie, veral met sonsondergang.

Gebruik:
• As my lewensdag gedaan is en skemering daal neer, verlaat my dan nie, Heer! [Skrifberyming: Psalm 71]

Wisselvorm:
• skeemring (digterlik, t.w.v. metrum)

Sinoniem:
• aandgrou
• skaduwee
• skemerte
• skemeraand
• vroegaand

Hiponiem:
• aandskemering
• moreskemering

Afgelei:
• skemeringsboog
• skemeringsirkel

Vertaling:
Engels: dusk, twilight, dawn
Nederlands: schemering

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ontvorm
Volgende onderwerp: verdienstelik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Des. 21 23:58:10 UTC 2025