Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wederkerend
wederkerend [boodskap #147850] Ma., 28 April 2025 15:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24160
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wederkerend
Afbreking: we•der•ke•rend
Samestelling: wederkeer + -end


Byvoeglike naamwoord: wederkerend
Attributief: wederkerende

Betekenis:
• Wat iets herhaal, of na iets terugkeer/ terugslaan.
• (taalkunde) Waar die onderwerp en voorwerp na dieselfde persoon verwys.

Gebruik:
• Saag nou die hout met egalige, wederkerende bewegings.
• Sekere werkwoorde word altyd wederkerend gebruik, soos vergis (ek vergis my, hy vergis hom, ens).

Sinoniem:
• refleksief
• terugkerend
• terugkomend
• terugwerkend

Afgelei:
• wederkerendheid

Afkorting:
• wederk.

Vertaling:
Engels: reflexive
Nederlands: wederkerend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kolonialisties
Volgende onderwerp: voortvarend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Des. 21 22:59:06 UTC 2025