'n Pêrel aan die weskus [boodskap #19576] |
Mon, 07 December 1998 00:00 |
Alwyn Nel
Boodskappe: 174 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jy stap jou vinnige pas oudergewoonte en kyk die rustige mense wat hier
voor jou drentel verwyted aan. Die linker arm pomp op en af, gesig toe
en terug, want dis tyd wat saakmaak. Jy storm deur Haystreet Mall
sonder om links of regs te kyk, gretig om die minute te verdrink in die
hustle en bustle van die stad. Afrika man met 'n mission.
Maar net soos jy amper op die drumpel tree van Barrack street slaan Big
Ben in London Court se hekke sy twaalf massiewe slae - ding dong ....en
jy kan nie help om saam met die skare in die wandellaan op te kyk nie.
En dis asof iets vir jou sê: vertoef 'n wyle. En dis wanneer jy die nar
op sy stelte sien met 'n silwer kostuum en massiewe engel vlerke wat die
verbygangers vermaak. En die musikant met sy saxofoon, en die kêrel met
die kortbroek en lang hare wat sy vingers laat dartel oor die snare van
sy box kitaar.
Jy sien die ou man wat die juke box opwen en die puppet op sy strings
laat dans langs die ou tannie wat met haar ratelende blikkie geld
insamel vir die blindes. Jy sien hoe Hungry Jacks en Mac Donalds se
drumpels deurgetrap word vir 'n vinnige ete wat sommer daar op die
sypaadjie verorber word. Die sambrele verdring mekaar om die 15 UV
factor van die vel af weg te hou. Die geur van vars gebroude koffie in
die kroegies sypel lui-lui by in die wandellaan af, verby die kerel wat
naarstiglik 'n paar jeans luidkeels halfprys adverteer op 'n PA system
wat beter dae geken het.
En jy wonder wat die haas is. Stop. Neem twee tree terug, haal die
horlosie van jou arm af. Verkyk jou aan die Sjinese toeris wat 'n
duisend foto's per minuut neem, en steeds nog tyd het om in 'n babelse
gebrabbel die vrou en kinders stategies te plaas voor die winkelpop met
die stoute klere aan in Barbarellas se venster.
Dan skielik sense jy die rustigheid van Perth. Jy kyk om jou heen en jy
wonder of die mense ooit gaan klaarkry waarmee hulle besig is. Want tyd
bestaan nie hier nie... tomorrow is another day.
Alwyn
|
|
|