Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sieke
sieke [boodskap #147800] So., 20 April 2025 16:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24133
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sieke
Afbreking: sie•ke
Samestelling: siek + -e


Selfstandige naamwoord: sieke
Meervoud: siekes

Betekenis:
• 'n Persoon wat nie gesond is nie.

Gebruik:
• 'n Verpleegster is aangestel om die sieke te versorg.
• Hy het die dowes laat hoor, die blindes laat sien, die siekes genees en dooies uit die dood opgewek.

Spreekwoord:
• Die sieke dra die gesonde. [Die minderbevoorregte help die bevoorregte.]

Afgelei:
• siekeboeg
• siekehuis
• siekekamer
• siekesaal
• siekesorg
• sieketroos
• siekeversorging

Vertaling:
Engels: sick person
Nederlands: sieke


Byvoeglike naamwoord: siek
Vergrotende trap: sieker
Oortreffende trap: siekste
Attributief: siek, sieke

Betekenis:
• (ongewoon) Verouderde attributiewe vorm van siek.

Gebruik:
• Die arme sieke man is in die hospitaal opgeneem.

Hiponiem:
• babbelsieke
• behaagsieke
• bemoeisieke
• dobbelsieke
• dweepsieke
• geestesieke
• genotsieke
• kwelsieke
• kyfsieke
• lastersieke
• maansieke
• minsieke
• muitsieke
• naamsieke
• plaagsieke
• praatsieke
• senusieke
• sielsieke
• skynsieke
• spotsieke
• swerfsieke
• twissieke
• twyfelsieke
• vernielsieke

Vertaling:
Engels: sick
Nederlands: sieke

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: blinde
Volgende onderwerp: radikaliseer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 15 09:38:09 UTC 2025