Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Sonneblom" deur JEANNE GOOSEN
"Sonneblom" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #19557] Sat, 05 December 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2173
Geregistreer: May 1997
Karma: 0
Senior Lid
Sonneblom
Jeanne Goosen

jy is stil soos 'n vrou wat borduur
as ek na jou roep draai jy jou gesig na die son
ek het jou lief en die dae duisel die afgronde binne
tussen twee berigte skryf ek jou neer jou sagte mond
en die grashalms van jou asemhaling
jy groei soos 'n sonneblom groei
planmatig
jy omvat my met blare van son en speke
sodat ek my naam vergeet ek woon in 'n voorportaal
'n plek waar stillewes woon
jy is die verlatenheid van alle landskappe
en onklaar gedigte
Vorige onderwerp: "In Memoriam: Strooi" deur MARLISE JOUBERT
Volgende onderwerp: "Die kierie is nie nodig nie, faan" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 04:19:36 UTC 2024