| toereik [boodskap #147766] |
Ma., 14 April 2025 09:38 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toereik
Afbreking: toe•reik
Samestelling: toe + reik
Werkwoord: reik toe, toereik
Verlede tyd: het toegereik
Betekenis:
• (deftig) Om iets aan te gee of te oorhandig.
Gebruik:
• Aan die nagmaalstafel reik hulle die brood en beker aan mekaar toe.
• Hulle het die vyandighede gestaak en mekaar die hand van vriendskap toegereik.
Sinoniem:
• aangee
• aanbied
• oorhandig
• uitstrek
• verskaf
Afgelei:
• toereikend
Vertaling:
Engels: to convey, hand, hand over, pass
Nederlands: toereiken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|