Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onoorwinlik
onoorwinlik [boodskap #147764] So., 13 April 2025 23:51
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24146
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onoorwinlik
Afbreking: on•oor•win•lik
Samestelling: on- + oorwin + -lik


Byvoeglike naamwoord: onoorwinlik
Vergrotende trap: onoorwinliker
Oortreffende trap: onoorwinlikste
Attributief: onoorwinlike
Partitief: onoorwinliks

Betekenis:
• Wat nie gewen kan word nie, of nog nooit oorwin is nie.

Gebruik:
• Die Boere het gou agtergekom dat die Engelse nie onoorwinlik was nie.

Sinoniem:
• onaantasbaar
• ongeëwenaard
• onklopbaar
• onoortroffe
• ontembaar
• onverslaanbaar
• Spartaans
• weergaloos

Antoniem:
• oorwinlik

Afgelei:
• onoorwinlikheid

Vertaling:
Engels: unconquerable, invincible
Nederlands: onoverwinnelijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onhoflik
Volgende onderwerp: onverklaarbaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 19 10:46:30 UTC 2025