Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verwyf
- verwyf [boodskap #147731] Sa., 05 April 2025 18:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21452
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verwyf
Afbreking: ver•wyf
Samestelling: ver- + wyf


Byvoeglike naamwoord: verwyf, verwyfd
Attributief: verwyfde

Betekenis:
• Wat soos 'n vrou optree (van 'n seun of man gesê).

Gebruik:
• Die kinders spot die verwyfde seun by die skool.

Sinoniem:
• meisieagtig
• onmanlik
• vrouagtig

Antoniem:
• manlik
• stoer

Afgelei:
• verwyfdheid

Vertaling:
Engels: effeminate, unmanly, sissified
Nederlands: verwijfd


Werkwoord: verwyf
Verlede tyd: het verwyf

Betekenis:
• Om vrouagtig te maak of te word.

Gebruik:
• Die oorbeskermde ma het haar seun verwyf.

Vertaling:
Engels: to sissify, become effeminate, make effeminate
Nederlands: verwijven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hommel
Volgende onderwerp: telg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Apr. 14 04:32:58 UTC 2025