Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wasig
wasig [boodskap #147725] Do., 03 April 2025 17:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24133
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wasig
Afbreking: wa•sig
Samestelling: waas + -ig


Byvoeglike naamwoord: wasig
Vergrotende trap: wasiger
Oortreffende trap: wasigste
Attributief: wasige
Partitief: wasigs

Betekenis:
• Wat met waas bedek of versluier is (en gevolglik nie duidelik sigbaar is nie).

Gebruik:
• Die TV se beeld is wasig.

Sinoniem:
• bewolk
• dynserig
• dynsig
• gaasagtig
• mistig
• newelagtig
• newelig
• rokerig
• onduidelik
• ondeursigtig
• vaag
• waserig
• wolkig

Antoniem:
• duidelik
• helder

Afgelei:
• wasigheid

Vertaling:
Engels: hazy, blurry, foggy, misty, vapoury
Nederlands: wazig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wankelrig
Volgende onderwerp: vergelykend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Des. 17 08:58:11 UTC 2025