Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wankelrig
wankelrig [boodskap #147724] Do., 03 April 2025 17:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24192
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wankelrig
Afbreking: wan•kel•rig
Samestelling: wankel + -rig


Byvoeglike naamwoord: wankelrig
Vergrotende trap: wankelriger
Oortreffende trap: wankelrigste
Attributief: wankelrige
Partitief: wankelrigs

Betekenis:
• Wat wankel omdat dit onvas/ onstabiel is.

Gebruik:
• Die toring is wankelrig en lyk asof dit enige tyd kan omval.
• Hulle probeer om die land se wankelrige finansies te stabiliseer en die ekonomie, wat op die rand van 'n resessie is, te red.

Sinoniem:
• bewerig
• lendelam
• lamlendig
• mankoliek
• onstabiel
• onvas
• wankelend

Vertaling:
Engels: unsteady, wavering, shaky, wiggly
Nederlands: wankel, beverig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oorstuur
Volgende onderwerp: wasig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 26 02:00:16 UTC 2025