Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » frikatief
- frikatief [boodskap #147708] Thu, 27 March 2025 18:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21404
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
frikatief
Afbreking: fri•ka•tief


Selfstandige naamwoord: frikatief
Meervoud: frikatiewe

Betekenis:
• 'n Konsonant/ medeklinker wat gevorm is deur lug deur 'n nou kanaal te blaas.

Gebruik:
• Net soos die "s"-klank, is die "f"-klank 'n frikatief.

Sinoniem:
• glyer
• skuurklank
• spirant
• wrywingsklank

Vertaling:
Engels: fricative
Nederlands: fricatief


Byvoeglike naamwoord: frikatief
Attributief: frikatiewe

Betekenis:
• Betreffende 'n klank wat deur 'n gedeeltelike obstruksie gevorm is.

Gebruik:
Frikatiewe klanke, soos die "f" en "s", ontstaan deur die lug deur 'n smal opening te laat beweeg, wat 'n wrywingseffek skep.

Sinoniem:
• weerstandbiedend

Vertaling:
Engels: fricative
Nederlands: fricatief

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lateraal
Volgende onderwerp: armlastig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Mar 31 21:14:05 UTC 2025